Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ‘n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie

in ‘n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het. Erens op ‘n verlate grondpad in die verruklike

Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek - in vervoering met die geurige

struik wat so eg bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke was

bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ‘n tas vol wildesalie en ‘n kop vol drome.

Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ‘n besonderse

lyfprodukreeks wat geÏnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die bosveld. IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die

onmiskenbare geur van die bosveld.

Hoekom hierdie kombinasie? Albei  bestandele wilde salie en sitronella
is bekend vir hulle muskietwerende effek.  Indien jy ook bietjie wandel
in die bos en so paar skrape opdoen help wilde salie ook om die wonde skoon te hou en help teen infeksies. Selfs die diere weet om hulle teen die wilde salie te skuur hou die peste weg.

Bosseep hou die lastige muskiete eenkant sodat jy die bosveld
kan geniet.  Bosseep is ook ‘n ideale geskenk want dit lyk nie net
mooi nie maar dit werk ook regtig.   Daar is 5 verskillende verpakkings
met dieselfde bosseep in elk.  Die rede vir verskillende verpakking: 
ons is almal verskillend en hou ons van verskillende kleur en ontwerp. 
So kan jy vir elke bosliefhebber ‘n bosseep gee na sy eie kleur en smaak. 
Almal hou van ons seep … dit is nou almal behalwe muskiete.

'N SLIM SEPIE

GEMAAK VIR DIE BOS

ONS PRODUKTE IS OOK BESKIKBAAR BY DIE VOLGENDE TOONAANGEWENDE HANDELAARS:

ASOOK: Geelhoutpark Apteek Rustenburg en Vaalwater Apteek

VIR ENIGE NAVRAE OF BESTELLINGS STUUR GERUS

VIR ONS ‘N EPOS NA INFO@ISMOZBOS.CO.ZA.

PRYSLYS BESKIKBAAR OP AANVRAAG.

Of vul die onderstaande kontakvorm in en ons sal so spoedig moontlik met jou kontak maak!

VORM WORD GELAAI....

OEPS! IETS HET FOUT GEGAAN - VUL ASSEBLIEF DIE VORM WEER IN

BAIE DANKIE! ONS HET JOU NAVRAE ONTVANG!

© KOPIEREG VOORBEHOU: ISMOZBOS 2016   |   WEBWERF ONTWERP: MORRISON & MORRISON